Elke dogter het ‘n man in haar lewe
wat haar oneindig lief het, sonder vrae
en by sal staan tot die einde van dae.
Dié man in my lewe, is my wonderlike pa.
Sy wysheid deel hy in sy stywe drukkies.
Sy omgee dra hy in sy oë wanneer hy lag
en hy’s altyd daar as ek van die pad af wyk.
Nooit hou hy op om sy skatte te deel –
sy liefde vir my, onvoorwaardelik en ryk.
Elke meisie verdien so man in haar lewe
en ek het een – indien nie beter – my pa.
Ek kan my sterre dank vir dit; ek kan nie kla
en met hierdie woorde op papier sê ek dankie.
Ek is baie lief vir pa.
© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.