Soggens loer die son, opgewonde en nuuskierig:
wat het hierdie dag, van onbekende, in stoor?
En die natuur warm gretig hulle stemme op,
elkeen op hulle merke – gereed om te bekoor.
Dit is uiteindelik lente; my koue winter is verby.
Verlangde vertroue het ek vandag in jou gevind,
toe jy my herinner van my kaalvoet-loop-geluk.
Asem diep die rustigheid in; dis ‘n nuwe begin.
Vasgevang in die reënboog van my vier seisoene;
‘n helder inkleurboek-oomblik van nuwe kleure.
Dis nou tyd om te groei vanuit die winter se sere
en met ope arms te blom na nuwe geleenthede.
© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.