Soggens waai die boom daar buite die venster vir my,
terwyl die wind my weer herinner van ons nuwe dae.
Daar’s skelm soentjies van reëndruppels op die gras:
‘n teken dat ons verlange vriend gisteraand hier was.
Vandag skryf ek weer ‘n brief van blomme en drome,
sodat jy vir altyd onthou van my liefde – net vir jou.
As ek ‘n blom pluk vir elke keer wat ek aan jou dink,
sal jy met ‘n padkaart jou roete in my tuin kan vind.
Dis toe wat ek hoor hoe die wind weer vir my fluister:
“Gaan loer nog ‘n keer na die boom daar buite jou venster.”
Gevestig in sy hoop dat reën weer sal kom kuier en
skelm soentjies agterlaat; bevestiging van sy bestaan.
© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.