‘n Ouma is ‘n wonderbaarlike vrou.
Sy is ‘n kombinasie van liefde, omgee en lag.
Sy oorsien ons foute, moedig ons drome aan
en herinner ons dat ons kan.
‘n Ouma het die waarde van ‘n vriend en
die sagmoedigheid van ‘n ma.
Sy is iemand wat ons elke dag in ons harte dra.
‘n Ouma is saam geweef met wysheid,
‘n glimlag en nog meer.
Sy is iemand wat ons waardeer, lief het en respekteer.
‘n Ouma is kosbaar en meer werd
as wat woorde kan beskryf,
veral as sy ‘n ouma is soos jy.
© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.