Die alfabet van jou liggaam se lyne,
kan bladsye vol skryf met jou poësie
oor die rym van jou ewige sonskyn,
verlange velde; herhaling van refrein.
Jou verskuilde gedagtes is my biblioteek,
vol met boeke wat my vashou in jou greep.
Nooit sal ek ophou lees aan jou menswees,
dié idee van jou: metafoor van my bestaan.
Jy lei my deur reëls van al vier seisoene,
met die hoop van Lente-liefde in my hart
terwyl die Winter skelm die vreugde tart.
Maar vir altyd sal jy bly;
my droom,
my digkuns,
my somerson.
© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.