Laaste Herfs-soen

In die oomblik van sterf; in sy oomblik van einde,

dra hy meer goud in sy hande as enige ander.

Mooi pronk hy die skoonheid van sy lang jare,

dig gevul met die goue lig in sy laaste van dae.

Sy hele wese ontplof met ‘n reënboog van kleure,

stewig geplant in die aarde; gevestig in sy waarde.

Soos ‘n brullende leeu by die agterdeur van seisoene,

staan hy gretig gereed vir die skud van sy maanhare.

Die wind, sy siel – dis nou tyd om afskeid te neem

van die mosaiek-skepping, gevleg met sy herfsblare.

 

Met die kort geknipte dae en sy naaktheid so soet,

val die laaste blaar om hom vir tyd en wyl te groet.

© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.

 

3 Comments Add yours

  1. Anonymous says:

    Love dit! Dankie!

    Like

    1. Ilka Steyn says:

      Baie dankie!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.