Elke letter; elke woord is my verf.
Soms gebruik ek dit om realisme uit te kerf.
Soms gooi ek my emosies waaghalsig neer,
sodat ek dit in abstrakte kuns kan versmeer.
Elke komma; elke punt is die oomblik van hoop.
Soms skep dit verwagting, help bou aan ‘n droom.
Soms is dit twyfel – ‘n stilstaan van tyd –
‘n struweling tussen daardie vreugde en verwyt.
Elke vergelyking; elke metafoor is geweef met gevoel.
Soms is dit verstaanbaar en uitgekies met ‘n doel.
Soms (baie meer as net soms) is dit die onseker van lewe,
wanneer jy verlang en aan hartseer klewe.
Elke papier; ‘n begin of die einde.
Soms propvol met woorde, soms leeg met vermy.
© Ilka Steyn, 2018. Alle regte voorbehou.