Tikmasjien-hart

  Jy is meer as ‘n herinnering in my tikmasjien-hart. Jy is oomblikke om te onthou; ‘n gedagte wat brand. Dit is hoekom ek graag jóu wil teken met my woorde en helder inkleur met rym en metafore. En om jou vas te vang op papier is hoe ek jou vashou, sodat elke saam-lag styf…

Skryf

Elke letter; elke woord is my verf. Soms gebruik ek dit om realisme uit te kerf. Soms gooi ek my emosies waaghalsig neer, sodat ek dit in abstrakte kuns kan versmeer.   Elke komma; elke punt is die oomblik van hoop. Soms skep dit verwagting, help bou aan ‘n droom. Soms is dit twyfel –…

Wynglase Sonder Base

Die partytjie is verby.   Die musiek het gaan lê en die mense het verdwyn.   Die tafels staan vol verlate wynglase sonder base en die laaste tekens van vreugde vlug saam die besem.   Dit is nou stil; dis oorverdowend stil. En dit is ek en die gefluister van gedagtes wat gil, in dié…

‘n Wonderwerk

Dis ‘n oomblik vasgevang; vir altyd geëts in my hart – die oomblik toe ek jou vashou vir die eerste keer. En van al die dinge wat my hande in die lewe moes dra, is jy by vêrre die beste en nog meer.   Ons was al verlief op jou voor ons jou geken het;…

Laaste Herfs-soen

In die oomblik van sterf; in sy oomblik van einde, dra hy meer goud in sy hande as enige ander. Mooi pronk hy die skoonheid van sy lang jare, dig gevul met die goue lig in sy laaste van dae. Sy hele wese ontplof met ‘n reënboog van kleure, stewig geplant in die aarde; gevestig…

Met die Sekelmaan

Ek voer laat-aand gesprekke met die sekelmaan, vertel hom van my drome se donker waters en suutjies kruip die gety van gedagtes nader. Angsbevange in hierdie oomblik van my stilte, want ek weet, my siel, nog altyd jou hemelruim wat vir jou soos sterre skyn met helder hoop.   Ek verlang na laat-aand gesprekke met…

Jou Digkuns

Die alfabet van jou liggaam se lyne, kan bladsye vol skryf met jou poësie oor die rym van jou ewige sonskyn, verlange velde; herhaling van refrein.   Jou verskuilde gedagtes is my biblioteek, vol met boeke wat my vashou in jou greep. Nooit sal ek ophou lees aan jou menswees, dié idee van jou: metafoor…

Oorlogsvlerke

Met haar sonskyn-glimlag vind sy haar pad, soos die vuur van hoop binne haar brand. Die stormsee is weg gesteek in haar hare en sy weet, ‘n vegtersgees klop in haar are.   Opgewonde bou sy nuwe drome met woorde, ken geen perke: die kreatiwiteit in al sy soorte. Haar vrees haar kompas; gereed en…

Geen Meer as Niks

Vasgevang in jou weergawe van ‘n wêreld en oortuig deur die leuens wat jy smokkel; onbewus hoe jou woorde my laat verbrokkel. Jy’s die dief van alledaagse vrede en geluk.   Plastiek van vriendelikheid; ‘n wrede bottel gif: jy’s een mens geverf en geweef van ‘n klug. ‘n Pes wat alleen rond dwaal met haar…

Wat Is ‘n Ouma?

‘n Ouma is ‘n wonderbaarlike vrou. Sy is ‘n kombinasie van liefde, omgee en lag. Sy oorsien ons foute, moedig ons drome aan en herinner ons dat ons kan.   ‘n Ouma het die waarde van ‘n vriend en die sagmoedigheid van ‘n ma. Sy is iemand wat ons elke dag in ons harte dra….